top of page
Meer oor Ons

Ons neem kinders tussen die ouderdomme van 18mde tot 6 jaar.  Ons doel is om 'n gelukkige, veilige, opvoedkundige omgewing aan kinders te bied waar hulle deur speel sal leer en waar hulle deur Jesus liefde omvou sal word... 

​

​

Programme

Klasse word in werkstasies ingedeel waar u kind/kinders die geleentheid kry om te ontwikkel in al die leerareas.  Ons eerste prioriteit is om so min moontlik druk op die kind te plaas en hom/haar die geleentheid te gee om teen eie pas te ontwikkel.  Positiewe aanmoediging is van kardinale belang ten alle tye!

Ontmoet ons Personeel

Madeliefie Kleuterskool bied ervare, gekwalifiseerde personeel.

​

Ons personeel poog om elke kind se selfbeeld positief op te bou en ook Christelike waardes aan die kinders oor te dra.  Wees verseker dat u kind/kinders baie liefde en sorg sal ontvang.

​

Kontak ons

Ons neem maksimum 12 kinders per klas, so kontak ons vandag om teleurstelling te voorkom!

Indien u enige klagtes of probleme of sommer net 'n vragie het, moet u asseblief sonder om te versuim met ons kontak maak.  Noue samewerking tussen ons en u is baie belangrik vir die geluk van u kind by Madeliefie Kleuterskool!

bottom of page