top of page
Meer oor Ons

Ons neem kinders tussen die ouderdomme van 18mde tot 6 jaar.  Ons doel is om 'n gelukkige, veilige, opvoedkundige omgewing aan kinders te bied waar hulle deur speel sal leer en waar hulle deur Jesus liefde omvou sal word... 

Programme

Klasse word in werkstasies ingedeel waar u kind/kinders die geleentheid kry om te ontwikkel in al die leerareas.  Ons eerste prioriteit is om so min moontlik druk op die kind te plaas en hom/haar die geleentheid te gee om teen eie pas te ontwikkel.  Positiewe aanmoediging is van kardinale belang ten alle tye!

Ontmoet ons Personeel

Madeliefie Kleuterskool bied ervare, gekwalifiseerde personeel.

Ons personeel poog om elke kind se selfbeeld positief op te bou en ook Christelike waardes aan die kinders oor te dra.  Wees verseker dat u kind/kinders baie liefde en sorg sal ontvang.

Kontak ons

Ons neem maksimum 12 kinders per klas, so kontak ons vandag om teleurstelling te voorkom!

Indien u enige klagtes of probleme of sommer net 'n vragie het, moet u asseblief sonder om te versuim met ons kontak maak.  Noue samewerking tussen ons en u is baie belangrik vir die geluk van u kind by Madeliefie Kleuterskool!

bottom of page